Krieket: Honderdtalle gee Indië voorsprongOctober 4, 2025
Dhruv Jurel en Ravindra Jadeja het aanvallende honderdtalle geslaan om Indië in beheer te plaas met ‘n voorsprong van 286 in die eerste toets teen die Wes-Indiese Eilande. KL Rahul het die kolfvertoning gelei met ‘n 100-tal voor Jurel, wat 125 aangeteken het, en Jadeja het sake nog moeiliker vir die boulers gemaak in ‘n marathon-vennootskap van 206 op dag twee in Ahmedabad. Indië het 448 vir 5 teen uitskeityd aangeteken in reaksie op die Wes-Indiese Eilande se eerste beurt van 162. Jadeja was aan die einde van die dag se spel op 104 saam met mede-linkshandige Washington Sundar, op nege.