Beperkings op invoere van voertuie ouer as 12 jaar ingestelOctober 5, 2025
Die Namibiese regering het nuwe beperkings op die invoer van tweedehandse motorvoertuie ouer as 12 jaar aangekondig. The Brief berig die handelsministerie sê dit het net betrekking tot voertuie buite die algemende doeanegebied, wat Botswana, Eswatini, Lesotho, Namibië en Suid-Afrika insluit. Die maatreël is daarop gemik om die toestroming van verouderde voertuie na die land te reguleer. Die beperking is van toepassing op alle kategorieë tweedehandse passasiers- en ligte kommersiële voertuie. Die verbod is nie van toepassing op voertuie met spesiale doeleindes, soos krane, ambulanse en meer, nie.