Babstorting in die hoofstad aangemeld October 6, 2025

Die Windhoek-polisie het ‘n gru-vonds in die hoofstad gemaak na kinders in Dissipelstraat in Marula gespeel het en die oorsprong van ‘n slegte reuk probeer opspoor het. Hulle in die rivierbedding gesoek en ‘n baba, nog in die plasenta gevind, toegedraai in ‘n plastieksak. Geen verdagte is in hierdie stadium geïdentifiseer nie en ‘n polisie-ondersoek is aan die gang.