Etosha: Diere wat park gevlug het hou gevaar inOctober 6, 2025
Daar is kommer in dele van die Omusati-, Oshana- en Oshikoto-streke na die verwoestende brand in Etosha Nasionale Park. Inwoners word gewaarsku dat diere wat die brande gevlug het, ‘n gevaar vir inwoners kan inhou. Dinge word in Omusati vererger as gevolg van die voortdurende brande en goewerneur Immanuel Shikongo sê ten spyte van hulle pogings duur die brande voort met winderige toestande. Daar is ook nie genoeg voertuie nie al is daar talle vrywilligers wat hulp aanbied.