Coenie en kie verskyn weer vandagOctober 6, 2025

Coenie Botha en sy vrou Charlotte Murove sal weer vandag in die laerhof in die hoofstad verskyn op klagte van bedrog van 163 miljoen Namibiese dollar, 31 aanklagte van die bedryf van ‘n bankbesigheid sonder magtiging, 31 aanklagte van geldwassery en ‘n aanklag van die bedryf van ‘n Ponzi-skema. Die twee het in Januarie onskuldig gepleit tydens ‘n verskyning voor landdros Monica Andjaba. Sy het op 1 September gewaarsku dat dit die laaste uitstel sal wees. Die staat sê die aanklaer-generaal wag op inligting vanaf Suid-Afrika oor 29 miljoen dollar wat blykbaar na die buurland oorgeplaas is. Botha is vry op borg van 50 000 dollar en Murove, 30 000 dollar.