Nuwe vatbaarheidstudie vir dam in OranjerivierOctober 6, 2025

Die regering het planne vir die Noordoewer-Vioolsdrifdam onlangs laat herleef. Die lynminister Inge Zamwaani sê die koste van die dam beloop net meer as 4 miljard Namibiese dollar en die hoop is om beleggers daarvoor te kry. Intussen is ‘n vatbaarheidstudie reeds tussen 2015 en 2020 voltooi. Die Tender Bulletin berig dat die studie nie ‘n finale aanbeveling vir die grootte, ligging en ontwerp van die dam, wat deur beide Suid-Afrika en Namibië bestuur en benut sal word, gemaak nie. Die Oranje-Senqe Rivierkommissie, Orasecom, is in 2024 aangestel as uitvoerende agentskap en PriceWaterhouse Coopers sal die nuwe studie uitvoer wat die bepalings sal voltooi. In 2016 is ‘n 70-meter damwal voorgestel.