Simon, Armas wen Bachmus KusmarathonOctober 6, 2025

Matias Simon en die voormalige Olimpiër Alina Armas was die groot wenners by die Bachmus Kusmarathon in Walvisbaai. Die marathon het by die Vineta sportgronde in Swakopmund begin en by die Walvisbaai Privaatskool geëindig. Simon het die mans-afdeling gewen in 2 uur, 14 minute en 57 sekondes, terwyl Armas die eerste vrou oor die wenstreep was in 2 uur, 54 minute en 33 sekondes. In die halfmarathon het Rainhold Tomas (Toomas) die mans ope-afdeling gewen in ‘n indrukwekkende tyd van 1 uur, 5 minute en 29 sekondes. In die vrouekategorie het Ndahambelela Shelikita (Ndahambi-LÊ-la Shelliekieta) die eerste plek behaal met ‘n tyd van een uur, 31 minute en 31 sekondes.