Net meer as 4,2m kubiek uit damme onttrekOctober 7, 2025
Geringe verdere invloei is aangeteken by Neckartaldam in die afgelope week. NamWater se jongste dambulletin toon dat net minder as 1,5 miljoen kubiek is ontvang. Bronne vir die Suide staan op 88,8 persent met Hardap op 62,7 persent na 2,4 miljoen kubiek die week benut is. Naute is op 91,3 persent en Oanob op 68,2 persent. In die sentrale gebied staan bronne op 70 persent. Die Ooste vertoon steeds sleg op 26,7 persent bronne met Otjivero wat 41,6 persent water het. Rondom 66 000 kubiek is die afgelope week benut.