Namdia v G4S kom voor vir saakbeplanningOctober 7, 2025

Namdia se 314 miljoen Namibiese dollar se dagvaardiging teen G4S kom vanmiddag voor regter Lotta Ambunda voor vir saakbeplanning na G4S aangedui het hy wil aansoek doen vir eksepsie. Die kern van Namdia se eis berus op bewerings dat G4S sy kontraktuele verpligtinge verbreek het en nalatig was in die verskaffing van sekuriteitsdienste. Spesifiek lui die eis dat G4S kontrakbreuk gepleeg het omdat die Januarie rooftog plaasgevind het. Die maatskappy voer aan G4S was ‘n sekuriteitsdiens en moes die perseel beskerm het. Verder sê hy dat een van G4S se werkers medepligtig is. Wag Samuel Shipanga is sedertdien in hegtenis geneem en krimineel aangekla. Die saak word verdedig.