Twee jaar in Gaza: Guterres sê partye moet hoop kiesOctober 7, 2025

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê ‘n permanente wapenstilstand in Gaza en ‘n geloofwaardige politieke proses is noodsaaklik om verdere bloedvergieting te voorkom en die weg vir vrede te baan. Vandag is die tweede herdenking van die Hamas-geleide terreuraanvalle op die suide van Israel, wat 1 200 mense dood gelaat het, terwyl 251 gyselaar geneem is. Daar word beraam dat 48 gyselaars steeds gevange gehou word. In reaksie hierop het Israel militêre operasies in Gaza van stapel gestuur, wat tot dusver gelei het tot die dood van meer as 67 000 Palestyne. Guterres sê na twee jaar van trauma moet partye hoop kies.