Hernubare energie eerste keer ooit meer as steenkoolbronneOctober 7, 2025

Vir die eerste keer ooit het hernubare energiebronne wêreldwyd meer krag in die eerste helfte van die jaar opgewek as steenkool. Volgens nuwe data van die wêrelddinkskrum Ember, het die wêreld byna ‘n derde meer sonkrag in die eerste helfte van die jaar opgewek vergeleke met dieselfde tydperk in 2024, wat in 83-persent van die wêreldwye toename in krag-aanvraag voldoen het. Windkrag het met meer as sewe-persent toegeneem. China en Indië is hoofsaaklik verantwoordelik vir die styging in hernubare energiebronne terwyl Amerika daarenteen swaarder op fossielbrandstowwe geleun het.