Agoa se verval het ‘n ander impak as net handel October 8, 2025

Terwyl Agoa se verval nie ‘n wesenlike impak plaaslik het nie, meen Simonis Storm ekonoom Almandro Jansen dat die langtermynrisiko in stadiger diversifikasie en dalende beleggersvertroue lê. Hy sê sonder Agoa sal nuwe vervaardigings- en verwerkings ondernemings wat op die Amerikaanse mark gemik is, waarskynlik verlangsaam. Dit verminder Namibië se aansporings om beleggings in hoërwaarde-uitvoere te kanaliseer, op ‘n tydstip wanneer uitbreiding verder as rou minerale ‘n strategiese noodsaaklikheid is.