Renaldo eerste sokkerspeler wat miljardêr status bereikOctober 9, 2025

Cristiano Ronaldo het die eerste sokkerspeler geword om miljardêrstatus te bereik, met die jongste Bloomberg Billionaires-indeks wat die Portugese ster se netto waarde op 1,4 miljard Amerikaanse dollar skat. Die 40-jarige doelskieter het in Junie ‘n nuwe kontrak met die Saoedi-span Al-Nassr onderteken, wat volgens berigte meer as 400 miljoen dollar werd is. Bloomberg sê dat Ronaldo tussen 2002 en 2023 ‘n salaris van meer as 550 miljoen dollar verdien het, aangevul deur ‘n dekade-lange Nike-ooreenkoms ter waarde van byna 18 miljoen dollar jaarliks. Daar was ook winsgewende kontrakte met Armani, Castrol en ander wat meer as 175 miljoen dollar tot sy fortuin gevoeg het. Ronaldo se miljardêrstatus plaas hom in ‘n seldsame groep sportsterre wat insluit basketbal se Michael Jordan, Magic Johnson en LeBron James; die gholfspeler Tiger Woods en die tennisspeler Roger Federer.