Groot sukses, NamPol kry N$580 000 se dwelmsOctober 9, 2025

Die polisie op Outjo het op 7 Oktober omstreeks 12-uur ‘n mini-padblokkade langs die C38-hoofpad tussen Outjo en Otjiwarongo uitgevoer. Die span het ‘n silwer VW Polo voorgekeer en tydens die deursoeking het hulle ‘n blou sak ontdek wat 11 vol pakkies skunk-dagga, 11 kilogram, bevat het, met ‘n totale waarde van 580 250 Namibiese dollar. Die dwelms is gekonfiskeer en ‘n 34-jarige vroulike verdagte is in hegtenis geneem. ‘n Saak van dwelmhandel word ondersoek.