Taylor Swift se nuwe album breek stroom-rekordOctober 9, 2025

Taylor Swift se nuwe album, The Life of a Showgirl, het binne sy eerste week die beste syfers ooit aangeteken vir ‘n album in die stroom-era. Volgens Billboard het die album die ekwivalent van 3,5-miljoen albumeenhede oorskry, in beide verkope en stroomdienste. Dit oortref Adele se album 25 wat voorheen die rekord gehou het op 3,482-miljoen eenhede in 2015. Swift se nuutste teater-aanbod, The Official Release Party of a Showgirl, het ook oor die naweek wêreldwye lokettrefferlyste gehaal.