Gesondheidministerie stel belangrike strategië bekendOctober 9, 2025

Die gesondheidministerie stel vandag die Nasionale Strategie vir Reproduktiewe, Moederlike, Pasgeborene-, Adolessente Gesondheid en Voeding amptelik bekend. Dit gaan ook die Driejaarlikse Verslag oor die Vertroulike Ondersoek na Moedersterftes, Stilgeboortes en Neonatale Sterftes vir die tydperk 2021 tot 2024 terselftertyd bekendstel. Lynminister Esperance Luvindao gaan die verrigtinge waarneem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Walters Kamaya, die ministerie se woordvoerder, wat meer inligting gee.