Dis nou of nooit vir Brave WarriorsOctober 9, 2025
Namibië se Brave Warriors is in ‘n positiewe luim en sien uit na hul Fifa Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd teen Liberië vanaand in Paynesville, sê afrigter Colin Benjamin. Hy sê die spelers is gemotiveer ondanks ‘n lang vlug Dinsdag van sowat 16 uur na Liberië. Die Warriors is tans tweede in Groep H met 15 punte, terwyl hulle in die sesde plek is onder die nege groep-naaswenners. Hulle moet hierdie wedstryd wen om in die wedloop te bly vir verdere uitspeelwedstryde om te kwalifiseer vir die 2026 FIFA-wêreldkampioenskap in Mexiko, die Verenigde State en Kanada. Die afskop is om 6-uur vanaand Namibiese tyd.