Reuse-naweek vir Namibiese krieketOctober 10, 2025
Namibiese krieket kry ‘n splinternuwe tuiste, die FNB Namibië Krieketveld. Die nuwe stadion, wat gereed is om groot wedstryde aan te bied en die land se amptelike internasionale ovaal te word, is ‘n groot mylpaal vir die sport. Johan Muller, die uitvoerende hoof van Krieket Namibië, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die fokus sal nie daar stop nie, aangesien die ontwikkeling van ander krieketlokale landwyd ‘n prioriteit bly.
Die FNB Namibië Krieketveld open amptelik môre met die hoogs verwagte geskiedkundige botsing tussen Namibië se FNB Eagles en Suid-Afrika se Proteas. Muller sê die wedstryd is ‘n voorreg.