Ministerie bevestig olifant loop los in Oshana-streekOctober 11, 2025

Die omgewingministerie sê hy is bewus van ‘n loslopende olifant wat van die Etosha-brand gevlug het en tans in die Oshana-streek ronddwaal. Die ministerie sê die olifant is sowat ‘n kilometer suidwes van Onaanda-dorpie naby Oshakati gesien. Dit het deur die area probeer beweeg maar gemeenskapslede het sy pad versper en hom begin jaag. Die ministerie sê hulle het intussen met die gemeenskap betrokke geraak, en monitor die olifant se bewegings.