Omusati-olifantbul van kant gemaakOctober 12, 2025

Die omgewingsministerie bevestig dat ‘n olifantbul Saterdag naby die Onawa-nedersetting in die Omusati-streek van kant gemaak is. Dit kom na dae van monitering en verskeie onsuksesvolle pogings om die dier veilig terug na Etosha Nasionale Park te bring. Dei olifant het volgens berigte, die brand in die park gevlug en word sedert 8 Oktober gemonitor. Die dier het skade aan infrastruktuur veroorsaak en toe hy Saterdag naby huise en skole gewaar is, het owerhede hom geskiet.