Walvis se John Savva sterfOctober 12, 2025

Die bekende sakeman van Walvisbaai en erekonsul vir Siprus en Griekeland, John Savva, is Saterdagmiddag oorlede. Savva was betrokke by kleinhandel- en eiendomsbedrywe. Hy het Venus Supermark en die Atlantic Hotel in Walvisbaai besit, asook die Afrodite Beach-eiendomsontwikkeling naby Dolfynstrand. Savva, wat van Sipriotiese oorsprong is, het baie vriende in elke kring van die Namibiese samelewing gehad, insluitend voormalige president Nangolo Mbumba. Hy het 56 jaar in Namibië gewoon