NNN vra vir tweestaatoplossing in GazaOctober 12, 2025
Namibië is versigtig optimisties oor onlangse ontwikkelinge in die Israel-Hamas-oorlog. President Netumbo Nandi-Ndaitwah die toestande in Gaza betreur en sê verder dat Namibië se eie geskiedenis van volksmoord en apartheid-kolonialisme die nasie se geloof in internasionale solidariteit en menswaardigheid versterk het. Haar aanmerkings kom terwyl duisende Palestyne terug na hulle verwoeste gebied beweeg en hulp stelselmatig aankom. Daar word verwag die gyselaars sal Maandag vrygelaat word. Nandi-Ndaitwah sê die wapenstilstand bied ‘n deurslaggewende geleentheid om pogings tot ‘n tweestaatoplossing te bevorder.