Pa wat blykbaar dogter vir 6 jaar verkrag, borg geweierOctober 12, 2025
‘n Pa van Oranjemund, wat daarvan aangekla word dat hy sy 14-jarige dogter sedert sy agt jaar oud was, verkrag, sal weer op 9 Januarie in die hof op die dorp verskyn nadat hy borg geweier is. Gemeenskapslede op opgeruk na die laerhof om teen borg te betoog en het ‘n petisie oorhandig. Die gemeenskap eis ook dat howe strenger vonnisse, insluitend lewenslange tronkstraf en kastrasie, aan seksoortreders oplê. Staatsaanklaer Tuna Ipinge het die petisie ontvang en onderneem om die gemeenskap se belange in die hof te verteenwoordig.