Talle dwelmbeslagleggings oor die naweekOctober 13, 2025
Verskeie dwelmbeslagleggings is oor die naweek gedoen. Volgens die polisie is ‘n 26-jarige man op Aroab vas na hy met 15 Mandrax-tablette en twee pakke skunk-dagga gevind is met ‘n totale waarde van net meer as 4 500 Namibiese dollar. Op Swakopmund is twee Kongolese, 38 en 44, vas na hulle gevind is met kokaïenpoeier. Die hoeveelheid is nie bevestig nie. Op Ongwediva is dagga, Yes-sigarette en ander goedere by twee Namibiese vroue, 22 en 39 gevind. En in die hoofstad is ‘n 43-jarige man vas vir dagga van 1 000 dollar. Sondag is ‘n soldaat by die Okahandja Mall betrap met 48 000 dollar se dagga wat hy daar gesmous het.