Ontwikkeling suip aan agterspeen terwyl skuldbetalings stygOctober 13, 2025
Daar is groot kommer oor Namibië se skuldvlakke en selfs die lynminister Ericah Shafudah sê dit is kommerwekkend dat die land meer op skuldbetalings as ontwikkeling bestee. Oor die afgelope 13 jaar het rentebetalings op die regering se skuld met 661 persent gegroei van 1,8 miljard Namibiese dollar tot 13,7 miljard dollar terwyl binnelandse befondsing vir ontwikkeling oor dieselfde periode met ‘n skamele 29,4 persent gegroei het van 7,45 miljard dollar tot 9,64 miljard dollar. Op ‘n jaargrondslag het besteding op ontwikkeling met 2,26 persent gegroei terwyl besteding op skuld jaarliks met 50,85 persent gegroei het.