Ander lande ‘kan by Namibië leer oor geslagsgelykheid’October 13, 2025

Die adjunkminister van handel en internasionale betrekkinge, Jenelly Matundu, sê Namibië het beduidende vordering gemaak met geslagsgelykheid, en is die voorloper in Afrika, en in die agtste plek wêreldwyd. Terwyl Namibië steeds beste praktyke oor geslagsgelykheid aanleer, kan ander lande reeds by Namibië leer. Matundu het die aanmerkings vandag tydens die Globale Leiersvergadering oor Vroue in Beijing, China, gemaak.