Damme: Landsbronne op 82,6%October 15, 2025

Neckartaldam het weer water ingeneem, 728 000 kubieke meter en die dam is tans 99,7 persent vol. Terwyl riviere geloop het, het Naute geen water ingeneem nie. Hardapdam is tans 62,1 persent vol na 1,7 miljoen kubiek die week benut is. Oanob by Rehoboth het 67,9 persent water NamWater sê bronne vir die sentrale gebied staan op 69,3 persent. In die Ooste is bronne op 26 persent. Totale bronne vir die land, wat die Olushandjadam in die noorde insluit, is op 82,6 persent.