Net 30% van ontwikkelingsbegroting geïmplementeerOctober 15, 2025

Daar is ‘n merkbare traagheid in die implementering van die ontwikkelingsbegroting deur die regering. Die finansminister Ericah Shafudah, sê dat minder as 30 persent van die 9,6 miljard Namibiese dollar wat vir die projekte begroot is, is teen einde September bestee. Gevolglik word projekte nie geïnisieer nie, die geld vloei nie in die ekonomie in nie, en werksgeleenthede word nie geskep nie. Shafudah sê verder dat die operasionele begroting se implementering staan op 54 persent.