NamPol waarsku drankhandelaars oor komende eksamensOctober 16, 2025
Nampol het ‘n ernstige waarskuwing aan drankwinkeleienaars gerig voor die aanvang van die eksamenseisoen. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Nampol se woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, kroeg- en shebeen-operateurs versoek om die wet na te kom en geraas te verminder. Sy sê die ontwrigting van harde musiek en wanordelike gedrag beïnvloed leerders wat vir hul finale eksamens voorberei. Sy het ook ‘n boodskap vir leerders, studente en die publiek.