Jong stoeiers bring 22 medaljes huis toe, 7 goudOctober 16, 2025

Die Namibiese Stoeivereniging se jeugspan het ‘n merkwaardige prestasie by die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe behaal. Die span het bestaan uit 16 seuns en drie meisies tussen die ouderdomme van agt en 15, en het na drie dae van intense kompetisie ‘n totaal van 22 medaljes huis toe gebring. Sewe daarvan was goud, ses was silwer en nege brons. Die goue medlaje-wenners was Milan van der Merwe, Lisias Shipopyeni, Caleb Grimbeeck, Jasmine Gawases, Christiaan van Dyk, Blessing Paulus en Liam Slabber.