Vreemde reënval in SeptemberOctober 17, 2025

Volgens die jongste klimaatbulletin het vreemde reënval in September vanjaar voorgekom in sommige gebiede in die noorde, en intense reën in die suide. Aroab in die Karas-streek het 83,6mm binne 24 uur gekry, byna die helfte van sy jaarlikse reënval. Dit is ‘n nuwe rekord vir September in die afgelope 112 jaar. La Niňa het in begin Oktober ontwikkel en sal na verwagting tot vroeg 2026 duur. Bo-normale reënval word in die algemeen verwag vanaf November tot Januarie 2026. Omusati, Ohangwena, Oshana, Zambezi, Otjozondjupa, Omaheke en die twee Kavango-streke sal na verwagting meer as 200mm reën in hierdie tydperk kry.