Namibië se finansiële markte onder top-5 in AfrikaOctober 19, 2025
Namibië het sy posisie as een van die top-5 finansiële markte in Afrika behou, luidens die jongste Absa Africa Financial Markets Index. Dié indeks meet die diepte, deursigtigheid en weerstandigheid van 29 finansiële stelsels op die vasteland. Namibië het vanjaar ‘n algehele punt van 64 uit 100 behaal, ‘n verbetering van 62 in 2024. Hervormings soos die stigting van die Bank van Namibië se nasionale sentrale sekuriteitebewaareenheid het tot die beter vertoning bygedra.