Motorverkope tel mooi spoed opOctober 19, 2025

Die plaaslike motorbedryf het verlede maand sy sterkste vertoning tot dusver vanjaar gelewer, met 1 303 nuwe voertuie wat verkoop is. Vergeleke met September 2024, was verkope by 32 persent hoër, sê IJG Securities. Beide die passasiers- en kommersiële vraag het toegeneem. IJG sê die langtermyn vooruitsigte lyk rooskleurig, gegewe kumulatiewe syfers vir die afgelope 12 maande wat laas so goed in 2017 was.