Vyf selfmoorde oor die naweekOctober 20, 2025
Vyf Namibiërs, waaronder een vrou, het die afgelope naweek hul eie lewens geneem. Vier mans het hulself in afsonderlike voorvalle Vrydag gehang – twee in die Noorde, een op Seëis en die ander op Bethanie. Hul ouderdomme het van 29 tot 41 jaar gewissel. ‘n 23-jarige vrou het haarself Saterdagoggend in Hakahana in Windhoek gehang.