Zelensky sal met Trump, Putin vergader ‘as hy genooi word’October 20, 2025
Oekraïene se president, Volodimir Zelensky, sê hy is gereed om aan te sluit by ‘n beraad tussen sy ampsgenote van Rusland en Amerika, Vladimir Putin en Donald Trump, in Hongarye indien hy genooi word. Trump en Putin sê hulle sal moontlik binne ‘n paar weke vergader, terwyl Trump voortgaan met pogings vir ‘n vredesooreenkoms om die oorlog van drie en ‘n half-jaar te beëindig. Zelensky kritiseer die feit dat Hongarye geskies is omdat die Europese Unie-land beskou word as die een met die meeste simpatie vir die Kremlin.