Betaal om staatsdiens-werk te kry? Dit mag nie, sê NgurareOctober 20, 2025

Die Staatsdienskommissie is besig met ‘n twee-dag bosberaad buite Windhoek om grootskaalse hervorming aan te spreek. Een van die hoofpunte is die werwing van staatsdiens-beamptes, waarin bewerings van korrupsie en stamgebondenheid al gemaak is. Die eerste minister se spesiale adviseur, Asser Ntinda, het namens hom in ‘n toespraak gesê die regering wil ’n staatsdiens hê wat alle Namibiërs regverdig dien, ongeag ras, stam of geslag. Dit is die verantwoordelikheid van kommissarisse om te verseker dat werwingsprosesse regverdig uitgevoer word, en mense behoort nie te betaal om werk in die staatsdiens te kry nie.