Aktivis Gariseb agter traliesOctober 21, 2025

Die bekende aktivis, Shaun Gariseb is gearresteer. Regsman Kadhila Amoomo sê vyf gewapende polisie het hom in hegtenis geneem. Twee sake is deur die Windhoek Stadpolisie teen die aktivis Shaun Gariseb aanhangig gemaak nadat hy en ‘n groep ontevrede inwoners menslike afval by die Stad Windhoek se kliëntedienssentrum in Katutura gestort het. Die aanklagte sluit in aanhitsing tot openbare geweld en openbare onsedelikheid. Hy het Maandag by die mag aangemeld maar is nie gearresteer nie. Dit is onbekend wanneer hy in die hof sal verskyn.