Min beweegruimte vir Shafudah in middeltermynbegrotingOctober 21, 2025
Die finansminister het laat begin met die voorlesing van die middeltermynbegroting en dit wil voorkom asof sy min beweegruimte het. Ericah Shafudah sê daar is ‘n verlangsaming in globale ekonomiese groei vooruitskattings, ook vir Afrika suid van die Sahara.
Plaaslik is ekonomiese groei ook laer met verlaagde inkomste, befondsingsdruk en prioriteitsbesteding wat toegepas moet word.