PDM dank sewe lede afOctober 22, 2025

Die PDM het Dinsdag die lidmaatskap van sewe van sy lede met onmiddellike effek beëindig omdat hulle as onafhanklike kandidate in die komende verkiesings staan, of opposisiekandidate ondersteun. Die party se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, sê hulle optrede is direk in stryd met die PDM se grondwet. Volgens die grondwet verbeur partylede hul lidmaatskap wanneer hulle teen PDM-kandidate meeding of nominasies aanvaar om teen die party se kandidate in openbare verkiesings mee te ding. Hulle mag ook nie mededingende partye of verenigings in verkiesings steun nie.