Hobatere, Ehi-Rovipuka brand October 22, 2025

Die polisie in die Kunene-streek versoek die publiek se hulp na ‘n veldbrand Dinsdagaand aan die westelike grens van Etosha Nasionale Park ontstaan het. Dit brand vanaf Hobatere verby die Werda-kontrolepunt tot by Otakavare in die Ehi-Rovipuka-bewarea. Hoofinspekteur Vehangaiza Hindjou, hoof van gemeenskapsake in die Kunene-streek, het aan die nasionale uitsaaier bevestig dat die brand laatmiddag ontstaan het. Sy voeg by dat mannekrag op die grond beperk is en daarom is bystand dringend nodig.