Botha se saak eers Februarie ’26 in die hofOctober 22, 2025

Die nou beleërde kriptokoning Coenie Botha en sy vrou Charlotte Murove se saak is weer in die laerhof uitgestel, tot 26 Februarie. Die staat het weer uitstel gevra en landdros Olga Muharukua, wat voorheen ongeduldig geraak het, het toegegee dat die staat teruggehou word na ‘n hoërhof interdik wat ondersoekers toegang tot die twee se elektroniese toestelle verbied. Die hoërhof sal op 26 Januarie uitspraak in daardie saak lewer. Botha en sy vrou staar 64 klagtes in die gesig rakende 163 miljoen Namibiese dollar.