Gesondheid sal bemiddel met vrou wat dagvaar na operasie skeefloopOctober 22, 2025

Die saak waar Esme Jacobs die gesondheidsministerie dagvaar vir skadevergoeding van 670 000 Namibiese dollar sal na verwagting vandag vir bemiddeling gestuur word. In haar stukke sê sy, sy is in September 2018 by die Walvisbaai-staatshospitaal opgeneem en daar is bevind sy het ‘n buisswangerskap gehad. Sy is geopereer en daarna ingelig haar regterbuis moes verwyder word. Toe sy in 2021 gepoog het om swanger te word het ‘n privaatspesialis in 2022 ondersoek ingestel en bevind haar linkerbuis is erg beskadig. Dit kon nie ten volle reggestel word nie wat haar vrugbaarheid eksponensieel benadeel.  Die staat verdedig.