Brave Gladiators buig 4-2 die knie teen sterk ZambiëOctober 22, 2025

Die senior Namibiese vroue sokkerspan, die Brave Gladiators, het 4-2 teen Zambië se Copper Queens verloor by die Dobsonville-stadion in Johannesburg. Dit was die eerste been van die tweede kwalifiserende ronde vir die Vroue Afrika Nasiesbeker, of Wafcon. Die belangrike tweede been-wedstryd word op 26 Oktober by die Levy Mwanawasa-stadion in Ndola, Zambië gespeel. Die wenners van die 11 tweede ronde-wedstryde gaan deur na Wafcon Marokko 2026, wat vanaf 17 Maart tot 3 April sal plaasvind.