Sankwasa sal teen RedForce verdedig maar het nog nie stukke ingedien nieOctober 23, 2025

Die saak waar Redforce die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, dagvaar om sy opdrag aan plaaslike owerhede om nie kontrakte met die maatskappy te hernu nie, kom vandag voor die ‘n statusverhoor voor regter Orben Sibeya. Die maatskappy beskuldig die minister dat hy ‘n persoonlike vendetta koester na die afsny van sy munisipale dienste in Katima Mulilo oor beweerde wanbetaling. RedForce beweer dat die opdrag neerkom op “onwettige inmenging” in die statutêre verkrygingsoutonomie van plaaslike owerhede. Sankwasa het verdediging aangeteken maar het nog nie stukke ingedien nie.