Amper 7,4 miljoen kubiek in een week uit damme onttrekOctober 23, 2025
Amper 3,5 miljoen kubieke meter water is uit Hardap in die afgelope week onttrek. NamWater se jongste dambulletin toon die dam het nou 60,9 persent water. Ook in die Suide is amper 1,5 miljoen kubiek vir boere onder die damwal gepomp. Naute het net meer as 550 000 kubiek gebruik en is 90 persent vol. Oanob by Rehoboth staan op 67,2 persent. In die Ooste is bronne op 25,7 persent. In die sentrale gebied is 1,26 miljoen kubiek uit die drie damme onttrek waarvan 227 000 oordragte was na Von Bach wat tans op 90 persent staan. Amper 700 000 kubiek is in die afgelope week uit die dam onttrek.