NDF-vliegtuie oor hoofstad net opleiding, sê weermagOctober 23, 2025

Inwoners van die hoofstad sien deesdae gereeld NDF-vliegtuie en helikopters oor die hoofstad en luisteraars het navrae aan Kosmos 94.1 Nuus gerig daaroor. Die weermag se woordvoerder Paulus Shilumbu sê dit is algemene opleiding en daar is geen rede tot enige kommer nie.