Getroude paartjies moet huwelik verifieer by ministerieOctober 24, 2025
Die ministerie van binnelandse sake vra alle getroude paartjies om by die ministerie se naaste kantoor aan te klop om te verseker dat hulle huwelik wel geregistreer is. In ‘n verklaring sê woordvoerder Margaret Kalo dat die ministerie verneem dat huweliksbeamptes nie ingevolge die wet getrou binne drie dae die huweliksregister oorgedra het aan die ministerie nie. Dus is sommige huwelike nie geregistreer nie. Rekords moet deur paartjies geverifieer word.