Egskeidings oortref skuld in mosiehofOctober 24, 2025
Regters Andrew Corbett en Nate Ndauendapo het vanoggend 97 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof hanteer. Sewe was op die reël 108-rol. Kommersiële banke het 30 aansoeke gebring waaronder drie voertuie wat terugbesorg moet word. Daar is ook 18,8 miljoen Namibiese dollar vir 16 eiendomslengings opgeëis en 11 lenings met ‘n skuldlas van 7,9 miljoen dollar is nou betaalbaar. In Maandag se sessie hanteer Corbett 57 onverdedigde egskeidings.