Daar is al vir twee jaar reeds ‘n meesterplan vir die herbou van GazaOctober 24, 2025
‘n Skokkende onthulling is op CBS se 60 Minutes deur president Donald Trump se spesiale gesant vir die Midde-Ooste, eiendomsontwikkelaar Steve Witkoff gemaak. Dit wil voorkom asof die Gaza-meesterplan, om die strook te herbou, reeds twee jaar bestaan.
Trump het in Februarie vanjaar melding gemaak van die natuurlike skoonheid van die gebied en het gesê hy wil dit in ‘n riviera omskep. Intussen het beide Trump se senior gesante, Witkoff en Jared Kushner moontlik ‘n konflik van belange in die herbou van Gaza as gevolg van hulle sakebelange.