Walvis-polisie vind vonds gesteelde selfoneOctober 26, 2025

Die polisie op Walvisbaai het op 29 gesteelde selfone beslaggelê. Dit volg ná twee klagtes deur mense wat ‘n verdagte kon identifiseer wat na bewering hul iPhones gesteel het. Ná die polisie die verdagte in hegtenis geneem het, het hy hulle na ‘n huis in Kuisebmond geneem waar die 29 selfone gevind is, waaronder 25 iPhones. Ses van die fone is reeds terug aan hul regmatige eienaars besorg.